ALBERTINIA NUUS - Die brand wat aan die begin van die week in die streek onstaan het, is steeds nie geblus nie.
Working On Fire en ander nooddienste is tans op die toneel om die brand onder beheer te probeer kry.
Die brand is tans in die omgewing van Bergfontein en volgens inligting beweeg dit in Riversdal se omgewing.
Die digte rook kan reeds kilometers ver gesien word.
Warm weertoestande, tans 43 grade op Riversdal, en die droë omgewing bemoeilik nooddienste se werk.
Een helikopter, die spottervliegtuig asook 'n ondersteuningshelikopter is onder andere op die toneel.
Geen verdere inligting is beskikbaar nie en sal deurgegee word soos ontvang.
ARTIKEL: WILMA ADAMSON, SUID-KAAP FORUM-REDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'