Video
STILBAAI NUUS - Die brand by Melkhoutfontein in die Hessequa-distrik woed buite beheer met 'n sterk wind wat die vlamme in die rigting van Hectorskraal druk.
Joernalis Johan Victor berig dat die brand oor die Rietfonteinpad gespring het op pad na die Hectorskraalpad. Die brandweer is op die toneel sowel as 'n vliegtuig (bomber) en helikopter wat water gooi.
Die internet in Stilbaai is geaffekteer en die vuur brand baie naby die kraglyn wat Stilbaai, Melkhoutfontein en Jongensfontein van krag voorsien.
Video:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’