HEIDELBERG NUUS - Personeel van Grootvadersbosch-natuurreservaat het vanjaar vir die vyfde keer hul harte vir leerders van De Waalville Primêre skool oopgemaak.
Die bosbouers het 40 paar skoolskoene vir hulle geskenk.
“Hulle is gewone mense wat dit self nie te breed het nie, maar nogtans nie huiwer om iemand in nood te help nie,” het Rose Allen, wat die aksie saam met haar man Ian reël, gesê.
Die leerders met hul geskenkpakkies. Foto: Clive Pretorius, korrespondent
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'