RIVERSDAL NUUS - Riversdal Blues se A- en B-rugbyspanne het die afgelope naweek by die Steg met Albertinia Rangers kragte gemeet. ’n Volgepakte pawiljoen het hul spanne luidkeels ondersteun.
Die B-span het ’n oorheersende vertoning gelewer en Albertinia Rangers met 38 - 0 afgeransel.
Die C-span het teen Garcia te staan gekom en met 14 - 3 as oorwinnaars van die veld gestap.
Die hoogtepunt van die dag was die A-span se kragmeting teen Albertinia Rangers.
In ’n naelbytstryd het die Blues met 22 - 21 geseëvier om die tuisskare behoorlik aan die gons te hou.
Van die Blues se uitblinkers op die dag was Darren Johnson, Keaton Busch, Raylin Alberts, Brintley Bezuidenhout en Clayton Uithaler, wat almal ’n beduidende bydrae tot hul spanne se sukses gelewer het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’