RIVERSDAL NUUS - Riversdal Blues se rugbyspanne het Saterdag op eie tuisveld vir groot opgewondenheid gesorg toe hulle al drie wedstryde teen All Blacks RFC van Oudtshoorn gewen het.
Die aksiebelaaide wedstryde by die Riverville-stadion het toeskouers op die punt van hul stoele gehou.
Die Blues se A-span het met 43 - 24 geseëvier, terwyl die B-span die besoekers met 47 - 0 afgeransel het.
Die C-span het die oorwinningstrook voltooi met ’n oortuigende 33 - 0 uitslag.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’