RIVERSDAL NUUS - Die dorp se twee plaaslike spanne, Riversdal Dorp en die Blues se A-spanne, het Saterdagmiddag by die Steg kragte gemeet in ’n taai en opwindende wedstryd wat toeskouers regdeur op die punt van hul stoele gehou het.
Die Blues het uiteindelik die oorhand gekry en die A-spanwedstryd met 31 - 14 gewen ná ’n harde stryd tussen die twee spanne.
In die B-spanwedstryd het die Blues ook die septer geswaai en 17 - 10 gewen om hul goeie vertoning van die dag voort te sit.
Die Blues se C-span het later ook hul stempel afgedruk toe hulle Garcia met 24 - 8 geklop het.
Dit was ’n lekker middag se klubrugby in Riversdal met goeie ondersteuning van plaaslike toeskouers en kompeterende spel tussen die spanne.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’