RIVERSDAL NUUS - Riversdal Blues het Saterdag 15 Augustus by Riverville-stadion ’n indrukwekkende oorwinning behaal toe al drie hul spanne hul wedstryde teen die besoekers gewen het.
Die C-span het die dag sterk afgeskop met ’n klinkende oorwinning van 48 - 5.
Die B-span het daarna ’n strawwer stryd beleef, maar steeds met 15 - 10 as wenners uit die stryd getree.
In die hoofwedstryd het die Blues A-span ’n spannende wedstryd teen Jaguars met 30 - 26 gewen om die dag op ’n hoë noot af te sluit.
Die drie oorwinnings beklemtoon die Blues se goeie vorm en diepte oor al hul spanne heen.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’