HESSEQUA NUUS - Die lys van Blouvlagstrande vir 2025/26 is onlangs deur die Wildlife and Environment Society of South Africa (Wessa) bekendgemaak.
Van die 50 Blouvlagstrande in Suid-Afrika is ses daarvan in die Hessequa-munisipaliteit se verantwoordelikheidsgebied.
Voorwaar 'n prestasie om op trots te wees, want hierdie strande gaan deur 'n baie streng keuringsproses met 33 kriteria waaraan 'n strand moet voldoen om hierdie gesogte vlag te laat wapper.
Gouritsmond, Preekstoel, Lappiesbaai, Stilbaai-Wes, Jongensfontein en Witsand het almal Blouvlagstatus ontvang.
Die ikoniese Lappiesbaai, in Stilbaai, het hierdie toekenning nou vir 'n ongelooflike 20 keer agtereenvolgens gekry.
Hessequa Munisipaliteit het weereens Blouvlag status gekry vir al sy strande en dit is net moontlik indien die plaaslike owerheid, gemeenskap en ander rolspelers hande vat en saamwerk.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’