STILBAAI NUUS - Die Wildlife and Environment Society of South Africa (WESSA) het vanjaar blouvlagstatus toegeken aan 48 strande in Suid-Afrika.
In die Wes-Kaap is daar 31, waarvan ses in die Hessequa Munisipale area.
Preekstoel, Lappiesbaai, Stilbaai-Wes, Jongensfontein, Witsand en Gouritz het weereens hierdie gesogte blouvlagstatus verkry.
WESSA kyk na 33 kriteria in vier kategorieë naamlik:
- Omgewingsopvoeding en -bewustheid.
- Water kwaliteit.
- Omgewingsbestuur.
- Veiligheidsdienste.
Toeriste en vakansiegangers kan dus met gerustheid by hierdie strande swem, maar moet hulself nog steeds vergewis van seestrome en hou by die gebied afgebaken deur die lewensredders.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’