HEIDELBERG NUUS - Die twee jong talentvolle spelers van Heidelberg-rugbyklub, Juann Turck (stut), en Lleyton September (veelsydige agterspeler), is gekies om deel te wees van die SWD Arende se o. 21-span.
Beide spelers laat hulle opponente klei trap met hul uitnemende spel wat hulle weekliks aan die klub en sy fanatiese ondersteuners aanbied.
Hierdie prestasie is nie net ’n persoonlike mylpaal vir Turck en September nie, maar ook ’n groot hupstoot vir Heidelberg-rugby as teelgrond vir opkomende talent.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’