HESSEQUA NUUS - Die gemeenskap word gevra om op die uitkyk te wees vir hierdie man wat 'n 15-jarige meisie in 'n oop veld naby Missionstraat, Albertinia na bewering verkrag het.
Die saak is op 3 Desember verlede jaar gerapporteer.
Hy is tussen 20-25 jaar oud, ongeveer 1,7 m lank, skraal gebou en is 'n bruin man met 'n ligte gelaatskleur.
Alle inligting sal as vertroulik beskou word.
Enigiemand met inligting kan ao. Swannie Swanepoel by 044 693 1875 skakel.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'