STILBAAI NUUS - Die bestuur van die Stilbaai SAPD het die onlangse bevordering van vier polisiebeamptes bekend gemaak.
Sersante L. Schnetler, D. Tarentaal en C. Lewaks is bevorder tot adjudant-offisiere, terwyl konstabel A.A. Erasmus tot die rang van sersant bevorder is.
Adjudant-offisier Morné D'Emiljo, hoof van sigbare polisiëring, het namens die bestuurspan sy gelukwense aan die vier pligsgetroue beamptes oorgedra en gesê dat die bevorderings welverdiend is.
Volgens hom is dit die bestuur se opregte hoop dat hierdie polisiebeamptes sal voortgaan om 'n uitmuntende diens aan die gemeenskap te lewer en ook as voorbeeld vir hul ondergeskiktes te dien.
Voorspoed word hulle toegewens in hierdie volgende fase van hul loopbaan as polisiebeamptes.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’