STILBAAI NUUS - Hierdie laerskool in Stilbaai is oorspronklik gebou om 60 leerders te akkommodeer. Die laaste paar jaar het dit egter drasties verander.
Oor die jare het die skool uitgebrei, klaskamers is gebou en hulle kon 200+ kinders hanteer, maar die getalle raak nou aan 300 en die geboue is nie meer voldoende nie.
Hulle was genoodsaak om die skoolsaal in klaskamers te omskep en die volgende stap is mobiele klaskamers.
‘n Projek is geloods om geld spesifiek vir die oprigting van die mobiele klaskamers in te samel. Hulle noem die projek: "Saam bou ons Bertie Barnard se toekoms!"
Donateurs kan op die skool se webblad skenkings maak om hierdie pragtige skool nog sterker en meer suksesvol te maak.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'