STILBAAI NUUS - Die naskoolsentrum van Laerskool Bertie Barnard het Saterdag 13 Mei 'n baie geslaagde musiekaand deur GP en die Ginger Snap-orkes in die gemeenskapsaal aangebied.
Dit het gedien as 'n fondsinsameling vir die naskoolsentrum en 185 mense het van heinde en ver gekom om die aand saam te geniet.
Behalwe vir die Stilbaaiers, was daar ook mense van Riversdal, Mosselbaai en Oudtshoorn. Daar het selfs mense uit die Kaap en die verre Vrystaat gekom.
Hierdie konsert sou egter nie moontlik gewees het as dit nie was vir Stilbaai Décor, Stilbaai Verspreiders, Tabeel, Harcourts, Busy Bee, Atlas Sport, dr. Kobus Louw, dr. Fanie Fourie, dr. Matthys Pretorius, Straatkafee, Plato, Coffee & Cream, Jan Meyer Vervoer in George, Matchbox, Petal Me Flowers, Allegaartjie, The Skinzone Express Studio en Skinzone Care Clinic, LGZSA, Stilbaai Kelders, Drie Pikkewyne Jongensfontein, Pizza World Riversdal, Pizza World, Nardo's, GP van Coppertop Consulting, Wilma Pienaar, Manie Rood en verskeie anonieme donateurs nie.
Die gasvrouens het die tafels pragtig gedek en die beoordelaars, Paul de Ville, Marieta Joubert en Riana Brink, het 'n moeilike taak gehad om die wentafel te bepaal. Uiteindelik was dit die tafel van Elsie du Plessis en Theresa Engelbrecht wat gewen het en hulle 'n duisend rand besorg het.
Die gemeenskapsaal huisves die pragtig gedekte tafels by GP en die Ginger Snap-orkes se musiekkonsert.
In die tweede plek was dit die tafel van Suzette Hamilton en die tafel van Bea Giliomee was in die derde plek. Hulle het onderskeidelik geskenkpakke deur Lynette Cronjé van Matchbox en Didi Serfontein van Allegaartjie ontvang.
Daar was ook 'n gelukstrekking en hierdie pryse is geskenk deur Tanya Schreuder van Skinzone Express Studio en die Skin Zone Skin Care Clinic.
Onder leiding van Sanet Jacobs, voedsel-diensbestuurder van Jagersbosch, is 'n ete uit die boonste rakke voorgesit en wat 'n kombinasie is goeie musiek en goeie kos nie. Mens is maar altyd bekommerd oor die klank, maar SND Production Hub van George het die klank foutloos behartig.
Karen Hatting en Fia Meiring van die naskoolsentrum het nie genoeg woorde om almal te bedank nie, maar elke bydrae help hulle om die kinders te help.
Hulle sê dan ook tereg dat die inwoners van hierdie mooi dorp maak Stilbaai die beste kandidaat vir die titel vir "dorp van die jaar."
GP van die Ginger Snap-orkes.
Tafel 4 van Elsie du Plessis en Theresa Engelbrecht is aangewys as die mooiste gedekte tafel.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’