HEIDELBERG NUUS - Met die huidige ekonomiese omstandighede wat nie te rooskleurig lyk nie, is dit verblydend om te weet dat daar steeds individue en instansies is wat alles in die stryd werp om veral jongmense met die nodige vaardighede te bemagtig.
Een so ‘n instansie is die Work 4 A Living nie-winsgewende organisasie, onder leiding van Linda Doyle.
Doyle het onlangs met die eerste opleidingssessie by die Diepkloof Jeugsentrum op Heidelberg begin.
Belangstellendes kan Doyle (082 075 2171) skakel vir meer inligting rakende die kursusse.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'