HEIDELBERG NUUS - Samesprekings is deur Heidelberg-polisie, in samewerking met die GPF, Jeugtak en Hessequa-munisipaliteit op Donderdag, 6 Januarie gehou om die bekamping van misdaad, veral onder jeugdiges aan te spreek.
Die munisipaliteit is deur Chris Onrust, direkteur van gemeenskapsdienste; Raymond Heunis, bestuurder van gemeenskapsontwikkeling; Gerald Boezak, wyksraadslid en portefuljevoorsitter vir gemeenskapsdienste verteenwoordig.
Heinrich Hartnick, GPF-voorsitter, Charmaine Esau, GPF-jeugtakvoorsitter, Jayden Gabriels, jeugaktivis en direkteur van die Children's Voices (WK), asook voorsitter van die Kaapse Vlakte Veiligheidsforum, het ook die samesprekings bygewoon.
Gabriels het sy rol as jeugaktivis aan die groep verduidelik en hulle ook meegedeel hoe hy van sy kant met verskeie projekte kan help. Daar is konsensus bereik oor hoe die munisipaliteit in samewerking met die plaaslike polisiestrukture kan werk om haalbare projekte te loods.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'