ALBERTINIA NUUS - ’n Bejaarde egpaar van Albertinia het groot geskrik nadat iemand hul buffelkop van hul muur afgesteel het.
Die paartjie woon in Kerkstraat en het ongeveer 02:00 Maandag 28 Januarie as gevolg van ’n groot lawaai wakkergeskrik.
Die plaaslike polisie is gekontak, maar die persoon was reeds met hul aankoms en die buffel weg.
Die ontstelde eienaar is bereid om ’n beloning te gee vir die persoon wat dié buffel kan terugbesorg of inligting kan verskaf oor wie dit gesteel het.
Indien jy inligting het, meld dit by jou naaste polisiestasie aan.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'