HEIDELBERG NUUS - 'n Bejaarde egpaar van Joe Slovo Park het byna al hul besittings in 'n brand verloor. Alec en Paulina April, beide afgetrede plaaswerkers, se huis in Diepkloof het glo op 'n onverklaarbare wyse vlamgevat.
Volgens April was hy ongeveer 15:40 in sy agterplaas in die tuin besig terwyl sy vrou oorkant by bure gekuier het. Sy kleinkinders het skreeuend uit die huis gestorm en geskreeu dat sy slaapkamer aan die brand is.
"Ek het blitsig na binne gehardloop en gesien dat ons slaapkamer onder vlamme was en het om hulp geroep terwyl ek uitgehardloop het om water te kry," vertel April. Hy sê dat van sy bure en ander omstanders vinnig hand bygesit het om die vuur te blus, wat in 'n stadium gedreig het om na die ander vertrekke te versprei.
Die brandweer was binne minute op die toneel waar hulle met die hulp van 'n paar bure gou die brand geblus het. Die egpaar het egter al hul besittings in die kamer, waaronder, hul televisie, twee beddens, klerekaste, hul klere en nog ander items verloor het. Genadiglik kon hulle betyds die vuur blus voordat dit na die ander vertrekke versprei het.
Die munisipaliteit se elektrisiteitspersoneel was op die toneel om die kragtoevoer af te sit. Die wyksraadslid, Abraham Daniels, was ook by om die familie te ondersteun.
Die vermoede is dat die brand deur 'n kortsluiting veroorsaak was. Intussen bly die April-egpaar saam met familielede en hul seun en sy familie by bure totdat die elektrisiteitstoevoer weer herstel is.
Enigiemand wat hulp aan die egpaar wil verleen kan hul buurvrou, Francis Tieties, by 065 091 3767 geskakel.
Morné Meyer was een van die eerste mense op die toneel om hand by te sit om die vuur te blus.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'