STILBAAI NUUS - Voordat jy Saterdag 28 Maart enigiets aanpak, is jou eerste stop in Perlemoenstraat by Huis Stilbaai se jaarlikse liplekker basaar.
Regte outydse basaarpoeding sal jou in die regte stemming plaas om by al die tafels 'n draai te maak.
Die vleistafel gaan vroegoggend dolleeg wees, so maak seker dat jy 08:00 as die deure oopmaak instap.
Die pannekoek sal heeltyd beskikbaar wees, maar vir die lekkerste koeke en terte moet jy sommer vroeg al by die koektafel uitkom.
Die witolifante in die langstoor beloof om heelwat winskopies vir almal op te tower en moenie vergeet van die handwerk tafel in Huis Stilbaai nie.
Bring die gesin en gee vir elkeen 'n mandjie, want daar gaan nie genoeg hande vir al die lekkernye en winskopies wees nie.
Die deure open Saterdag 08:00 en die laatslapers het nog tyd tot 13:00 voordat die deure toemaak.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’