STILBAAI NUUS - Dit was behoorlik 'n miernes van bedrywighede toe Badisa Stilbaai al hulle vrywilligers en borge by die gemeenskapsaal onthaal het.
Die saal was versier met die projekte waarmee Badisa hulle besig hou in Stilbaai en omgewing en die genooide gaste het geleentheid gehad om dit te besigtig.
Anwyn Dreyer het die aand op 'n gepaste wyse geopen en daarna het dansers van Anwyn Winterbach opgetree.
Doktor Marietjie Strydom het kortliks vertel hoe Badisa 21 jaar gelede ontstaan het en toe het sy vertel wat Badisa in Stilbaai doen.
Onder andere is daar die maatskaplike werk program, Seesterretjies Kleuterskool in Melkhoutfontein en Ouma Lena se huis, ook in Melkhoutfontein.
Huis Stilbaai word ook deur Badisa bedryf en Badisa is die enigste organisasie wat kinder- en gesinsorg programme aanbied in die Stilbaai omgewing.
Daarna het die gaste heerlik saamgekuier en gesels.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’