SLANGRIVIER NUUS - Arrows-rugbyklub het Saterdag in hul tuiswedstryd teen Titans-rugbyklub, naelskraap met 16 - 9 geseëvier nadat hulle rustyd met 16 - 6 in hul SWDRU Eersteliga Wes wedstryd voorgeloop het.
Van die begin het dit geblyk dat die tuisspan van plan was om ’n groot telling op die telbord te plaas, maar dit het toe nie so uitgewerk nie.
Dit kan ook maar seker aan die nat toestande toegeskryf word.
Hulle kon ook net een drie aanteken.
Vir Arrows het Duran Hoogbaard (flank) hul enigste drie aangeteken, met Adrian Michaels (skrumskakel), wat met drie strafskop en een doelskop geslaag het.
In die wedstryd tussen die B-spanne het die tuisspan ook as oorwinnaars met 15 - 3 uit die stryd getree, nadat hulle rustyd met 15 - 0 voorgeloop het.
Puntemakers vir Arrows was Johannes Jacobs (linkervleuel), en Edwin Esau (agsteman), met een drie elk, terwyl Tyron Lotz (losskakel), met een strafskop en een doelskop geslaag het.
Die name van Titans se puntemakers was nie beskikbaar nie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’