STILBAAI NUUS - Tydens Stilbaai-toerisme se algemene jaarvergadering, Dinsdag 26 Augustus, het Andrew Stroebel, burgemeester van die Tuinroete-distriksmunisipaliteit die aanwesiges toegespreek rakende toerisme in die streek.
Andrew het begin deur te wys op die waarde van 'n handelsmerk, want mens besef nie altyd die belangrikheid daarvan nie.
Kaapstad, met sy berg, bly nog steeds die grootste toeriste-trekpleister in die land, maar die Tuinroete lê gemaklik in die derde plek.
Hy sê verder toerismeburo's vestig gewoonlik hulle aandag op Europa, die Verre Ooste en Amerika, maar vergeet van die geweldige potensiaal van Afrika-toerisme. Suid-Afrikaners gaan hou vakansie in Namibië, Botswana en ander Afrika lande, maar daardie toeriste word nie noodwendig hierheen gelok nie.
Toeriste wil gaan waar hulle veilig voel en Hessequa, spesifiek Stilbaai, kan nog as 'n veilige omgewing bemark word.
Hy sluit af deur te sê dat Tuinroete-toerisme gereed is vir die toekoms en wil Hessequa saam met hulle op hierdie reis vat.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’