RIVERSDAL NUUS - Cameron Dugmore, die ANC-leier in die Wes-Kaap, het nou ook toegetree tot die stryd oor bewerings van bedrog wat teen Hessequa se eerste burger die ronde doen.
Dugmore het in die parlement gevra dat die DA sy Hessequa-burgemeester, Grant Riddles, met onmiddellike effek as raadslid skors.
'n Klag is by die Stilbaai-polisie ingedien oor 'n beweerde inkriminerende stemopname van Riddles wat glo gemaak is terwyl hy met 'n inwoner van Melkhoutfontein praat.
Dugmore het in sy spreekbeurt in die parlement gesê die DA is korrup tot in sy kern. "Wat dit erger maak is dat die DA-leierskap hierby betrokke is. Om die waarheid te sê, hulle probeer dinge toesmeer."
Dugmore maak bewerings oor stoorruimte wat glo by die burgemeester gehuur is, onwettige huissubsidies aan amptenare en oor ongerymdhede ten opsigte van voorafbetaalde elektrisiteit en verkeersboetes.
"Die DA-burgemeester moet sy kop in skaamte laat sak," reken Dugmore. Hy het verder gesê die skoon regering waaroor die DA so hoog opgee is 'n mite en dat die ANC gaan aandring dat Cogta (die liggaam vir samewerkende regering en tradisionele sake) sowel as die spesiale ondersoekeenheid die "massiewe bedrog en korrupsie wat in Hessequa aangaan, moet ondersoek."
Die ANC beoog glo om 'n klag by die Openbare Beskermer teen die Wes-Kaapse minister van infrastruktuur, Tertuis Simmers, burgemeester Riddles en ander te lê.
Riddles sê hy is onskuldig en dat die waarheid sal seëvier. Sy kommentaar is vervat in die voorbladberig, "Storm woed om Grant se kop."
The Western Cape Minister of Infrastructure Tertuis Simmers, reacted as follows to Dugmore's allegations:
"On 25 May, the Leader of the Official Opposition in the Western Cape Legislature, ANC MPL Cameron Dugmore, abused privilege to vilify the Hessequa DA executive mayor, Grant Riddles, and rail the DA by a litany of lies of perversive origin.
Without repeating Dugmore’s unfounded claims, the facts are evident:
Riddles did not urge council workers to lie about their income to qualify for housing subsidies, and Riddles did not arrange or influence housing subsidies for unqualified municipal officials.
Allegations that Councillors and employees of the Hessequa Municipality have unlawfully benefited from the National Housing Scheme, and have obtained unlawful subsidies, are solemnly considered, and investigated.
Corrective action has already been taken in consequence of initial investigations against an ANC Councillor and two officials, and the findings reported to Council. The Mayco decided the fate of the officials yesterday, and the finding will be announced at the next Council meeting."
READ MORE: Storm woed om Grant se kop
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’