Gallery
RIVERSDAL NUUSFLITS - Gouritz Groepbiosfeer Reservaat (Gouritz Biosphere Reserve/GCBR) het Vrydag 22 Junie hul hoofkantoor amptelik op Riversdal geopen.
Willem Botha is die voorsitter, terwyl Karin Coetzee die finansies sal bestuur en Marinda van As hoof van administrasie is.
Groot planne vir die Gourits-streek is reeds in plek.
Die GCBR is deur United Nations Education, Scientific and Cultural Organisation (UNESCO) as die sewende biosfeerreservaat in Suid-Afrika op 9 Junie 2015 erken.
Dié besigheid is in 2011 as ’n nie winsgewende organisasie geregistreer. 18 Bewaringsgebiede binne hul streek is as wêrelderfenisgebiede deur UNESCO verklaar.
Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'