ALBERTINIA NUUS - Die Theronsville Gemeenskapsaal was Saterdag 5 Oktober 'n vrolike plek en by die pragtig versierde tafels het vroue opgewonde sit en gesels terwyl hulle gewag het dat die verrigtinge begin.
Adrie Grové van die Tempelbou-gebedsgroep het met die hulp van haar gebedsvriendin, Elize Prinsloo, 'n Vrouedagviering in die Theronsville-gemeenskapsaal aangebied.
Hulle het kaartjies verkoop, maar talle borge en donateurs het ook ingespring om die dag moontlik te maak.
Lizzy Pretorius, wat met vakansie van Potchefstroom was, het as gasspreker opgetree en sy het haar praatjie gebaseer op drie vrae.
Wie is God werklik vir my, hoe vergewe ek werklik en wat het jy in jou hande en dit handel oor traumatiese gebeure uit haar verlede en hoe sy daarop reageer het.
Die 9-jarige Taylor Maree, 'n jong kunstenaar, het terwyl Lizzy besig was 'n skets van 'n swaard met blomme bo-op geteken en die simboliek daarvan was wapenrusting vir die mens.
Dit was 'n heerlike oggend van samesyn en die bekende Soekie Krog het met haar kitaar en sang dit nog meer spesiaal gemaak.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’