ALBERTINIA NUUS - Die Albertinia Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) het Maandag 23 Februarie agt sonkragstraatligte aan die Hessequa-munisipaliteit geskenk.
Hierdie ligte moet in Albertinia opgerig word by die donker hoekies waar misdadigers hulle 'ambag' beoefen.
Die GPF het identifiseer waar hierdie ligte die meeste waarde sal hê, dit aangeskaf, en nou sal die munisipaliteit dit oprig.
Dit is tot voordeel van die hele gemeenskap, maar dit beteken nie dat die gemeenskap nou agteroor moet sit nie.
Die polisie en GPF kan nie oral wees nie en daarom het hulle die oë en ore van die gemeenskap nodig om hulle te help om misdaad te beveg. Indien jy stilbly oor iets wat verkeerd is, is jy net so skuldig.
Samewerking tussen die polisie, GPF en die gemeenskap kan 'n misdaadvrye dorp daarstel.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’