Video
ALBERTINIA NUUSFLITS EN VIDEO - Nadat 'n minderjarige meisie naby haar huis verkrag en aangerand is, het die gemeenskap besluit hulle het genoeg gehad.
Met plakkate omhoog het betogers Donderdag 28 Junie deur die dorp se strate gestap tot by die hof.
Die doel van die optog was sodat die vermeende verkragter nie borg moet kry nie.
Selfs die landdros het hulle aangehoor.
Kyk 'n video hieronder.
Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.