Gallery Update Video
RIVERSDAL NUUS EN VIDEO - Die tradisionele Oakdale Akkerfees is vanjaar saam met die interskole kragmeting aangebied en die grootse geleentheid het duisende mense hierheen gelok.
Die naweek het afgeskop by die Riversdal-gholfbaan waar die twee skole se gholfspanne kragte gemeet het.
Die C-span het hulle wedstryd met 4-2 verloor. Die B-span behaal 4½- teenoor Boland se 1½- met Pienie Pienaar wat 'n goeie wendag beleef het. Die A-span het in 'n uiters spannende kragmeting met 2½ teen Boland se 3½ verloor. Dit was reeds vroeg Saterdagoggend duidelik dat duisende toeskouers en ondersteuners hierdie geleentheid sou bywoon toe die lang ry motors buite die Oakdale-hekke opgehoop het.
Toeskouers is getrakteer op aanskoulike skolerugby terwyl daar 'n feestelike atmosfeer rondom die velde geheers het.
Die Toyota Hilux-bakkiekompetisie wat deur M Briers Landboudienste geborg is, is met die trekking van die gelukkige wenner net na die o.19 B-wedstryd afgesluit. Piet Uys van Heidelberg is die wenner van die splinternuwe Toyota-bakkie.
Die Oakdale-spanne het hulle tydens die interskole goed van hul taak gekwyt en 12 van die 18 wedstryde gewen. Hoewel die o.19 A-span in die laaste sekondes van die wedstryd 'n drie afgestaan het en die wedstryd met 23-26 verloor het, was dit absoluut opwindende skolerugby.
Die uitslae van die dag lyk soos volg:
o.19A: 23-26 (Boland); o.19B: 39-22 (Oakdale); o.19C: 16-14 (Oakdale); o.19D: 12-15 (Boland); o.19E: 10-7 (Oakdale); o.19F: 12-0 (Oakdale);
o.16A: 34-14 (Oakdale); o.16B: 20-10 (Oakdale); o.16C : 42-5 (Oakdale); o.16D: 10-5 (Oakdale);
o.15A: 5-13 (Boland); o.15B: 22-5 (Oakdale); o.15C: 14-10 (Oakdale); o.15D: 5-0 (Oakdale);
o.14A: 12-12; o.14B 7-7; o.14C: 14-7 (Oakdale) en o.14D: 14-22 (Boland).
Oakdale-puntemakers o.19a:
Drieë: Vernon Paulo (4); Keaton Bush (14) en Matthew Stephens (15). Doelskoppe: Alwich van der Linde (12). Strafskoppe: Alwich van der Linde (12); Hendrik Victor (10).
Kyk 'n video hieronder:
Lees 'n vorige artikel hier: Bul van 'n fees by Oakdale
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'