HEIDELBERG NUUS - Die polisie het Maandag 23 Desember die plaaslike dwelmmark 'n groot slag toegedien met die arrestasie van 'n vermeende buitelandse dwelmsmous.
Volgens sersant Imorgene Hendricks, plaaaslike mediabeampte, het 'n lid van die A-skof, onder leiding van sersant Gordon Ntozini, tydens hulle patrollie op 'n jongman afgekom en hom gevisenteer.
Daar is 498 mandraxtablette, 16 bankies dagga en 'n mes in sy besit gevind en daarom is hy in hegtenis geneem.
Die 31-jarige beskuldigde, 'n Nigeriër, het Dinsdag 24 Desember vlugtig in die plaaslike landdroshof op aanklagte van besit en handeldryf van dagga en mandrax asook die besit van 'n gevaarlike wapen, verskyn.
Die saak is tot Dinsdag 31 Desember 2024 uitgestel en hy bly in aanhouding.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’