Gallery
GOURITSMOND NUUS - Bykans 600 mense op brullende motorfietse het na Gouritsmond opgeruk vir dié kus vakansiedorp se Walvis-saamtrek - 'n eerste vir dié dorp.
Die Walvis-saamtrek is aanvanklik in Hartenbos aangebied, maar met die verskuiwing van die Buffulo-saamtrek, ook na Hartenbos, het die organiseerders, die Ulysses Garden Route-klub, besluit om dit te skei en na Gouritsmond te verskuif.
Die motorfietsryers was hoofsaaklik vanuit die Kaapstad-omgewing, die Tuinroete en Gqeberha (Port Elizabeth) en inwoners was dit eens dat die byeenkoms 'n reuse sukses was en dat die gedrag van die besoekers onberispelik was.
FOTO'S: Walvis-saamtrek op Gouritsmond
'Ons bring jou die nuutste Gouritsmond, Hessequa nuus'