ALBERTINIA NUUS - 'n Jong man wat in die vroeë oggendure van Saterdag 1 Februarie met 'n mes gesteek is, is kort daarna in die hospitaal oorlede.
Delano Ntozini (18) is omstreeks 02:25 op die hoek van Trevor Waterboer- en Martin Hartnickstraat deur 'n 31-jarige man aangeval.
Ntozini is inderhaas per ambulans na Riversdal-hospitaal geneem waar hy later aan sy wonde beswyk het, aldus sers. Ciska Badenhorst, polisiewoordvoerder.
Volgens sers. Chris Spies, polisiewoordvoerder in die Suid-Kaap, is die 31-jarige verdagte in hegtenis geneem. Hy het Maandag 3 Februarie op 'n moordklag in die Riversdal-landdroshof verskyn en bly in aanhouding.
• In 'n ander berig praat korrespondent Heinrich Fortuin met Ntozini se familie oor die voorval. Lees dit hier.
Delano Ntozini.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'