STILBAAI NUUS - Die Goukourivier by Stilbaai word beskou as een van die skoonste riviere in Suid-Afrika, maar dit verg harde werk en dissipline van een en almal om dit so te hou.
Woensdag 17 September is Nasionale Rivierskoonmaakdag en Stilbaai inwoners word aangemoedig om net twee ure van hulle tyd en energie te gee om die Goukou skoon te maak.
Vrywilligers gaan 10:30 by die boothelling in Versfeldstraat bymekaarkom om vullissakke te kry. Clifton Donald sal verduidelik hoe dit werk en tot 12:30 gaan rommel, wat op pad see toe is, opgetel word.
Dra verkieslik toe skoene, 'n hoed, tuinhandskoene en jou eie drinkwater. Bring 'n positiewe houding en geniet die oggend saam met die ander vrywilligers.
WhatsApp 082 457 1135 vir enige navrae.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’