HEIDELBERG NUUS - Heidelberg Rugbyklub het gister vir die vierde agtereenvolgende jaar na die halfeindrondes deurgedring toe hulle Bridgton Rugbyklub met 23 - 16 in hul laaste tuis SWDRU Superliga A Top 8-wedstryd geklop het.
Dit nadat hulle met 13 - 6 tydens rustyd voorgeloop het.
Die wedstryd is deurgaans hard, voor én agterlangs, gespeel waar geen genade gevra of gegee is nie.
Die twee spanne, wat bekend is vir hul vinnige en sprankelende spel aan hul fanatiese ondersteuners, het vyf drieë ingeryg - waarvan Heibi drie en die Volstruise twee gedruk het.
Die tuisspan se C- en B-spanne het egter in beide hul wedstryde die onderspit gedelf en onderskeidelik met 12 - 8 en 29 - 28 verloor.
Heibi speel op Saterdag, 20 September, tuis teen Progress Rugbyklub van George.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’