STILBAAI NUUS - Is jy besig om huis skoon te maak en oral staan items rond wat jy nie meer gebruik nie, maar jy weet nie wat om daarmee te maak nie?
Items soos boeke, skilderye, tafeltjies, stoeltjies, boekrakke, bakke, glase, potte, panne, borde, kombuisgereedskap, garage gereedskap en nog vele meer kan by Huis Stilbaai afgelaai word vir hulle witolifanttafel.
Huis Stilbaai se gewilde jaarlikse basaar is weer op 28 Maart 2026 en hulle wil die witolifanttafel laat kreun onder alles wat jy nie meer gebruik nie.
Die aflaaipunt is by Huis Stilbaai in Perlemoenlaan en die kontakpersoon is Lara Kotzé by 028 754 1560.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’