STILBAAI NUUS - Die vakansiegangers is stadig maar seker besig om nes te skop en so ontwaak Stilbaai uit sy slaap.
Stilbaai-hawe is vroegoggend al bedrywig, want die kommersiële vissermanne is besig om in te kom met hulle vangs en die sport vissermanne gaan uit om te kyk of hulle iets vir die pan kan vang.
Teen die tweede helfte van Desember gaan die rye bote, wat wag om in die water te kom, sorg vir 'n bietjie frustrasie en daarom probeer die plaaslike vissermanne om nou reeds hulle vrieskaste vol te kry.
Almal hoop maar vir kabeljou, maar as hulle nie die aas vat nie is bonnies en silwervis ook goed.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’