Video
HEIDELBERG NUUS - Meer as 1 000 feesgangers het vanaand die NG Kerk gevul vir die ATKV Galakonsert, wat met groot entoesiasme deur die gehoor ontvang is en nóg ’n hoogtepunt op die Hessequa Harmoniefees se program was.
Die mezzo-sopraan Minette du Toit Pearce, sopraan Paulina Malefane en baritone Corneil Muller en Niël Rademan het saam met Elna van der Merwe op orrel en klavier opgetree.
Die Windworx Simfoniese Blaasorkes, onder leiding van Pamela Kierman en Riaan van Wyk, het saam met ’n feeskoor onder leiding van Betsie Ryke en Ravic Fielies verder tot die besonderse aand bygedra.
Feesgangers het die konsert behoorlik geniet en die kunstenaars se vertonings met groot waardering ontvang.
Die feesgees duur vanaand voort met die gratis nagmark en basaar by die NG Kerksaal.
Video: Ben Snyman
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’