HEIDELBERG NUUSFLITS - ’n Inwoner van die dorp het van ’n gewone huisvrou na ’n kleurvolle en grapperige Eden-radiostasiestorieverteller ontpop.
Ant Kandas vertel dat sy jare gelede toe sy nog jonk getroud was, vir haar ’n draadlosie gekoop het. Toe dié radiostasie in 2007 op die lug kom, het sy bewus geraak van hul inbelprogram.
Sy het elke dag ’n boodskappie ingebel en baie gou ’n gereelde stem op die radio geword.
Haar stories en vertellings het altyd ’n lessie by wat die mense kan leer uit die storie.
Sy is vandag ’n baie gelowige kerkvrou, ’n inspirerende persoon en iemand wat baie omgee vir haar medemens.
Lees meer oor dié merkwaardige vrou in Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'