STILBAAI NUUS - Die Busy Lizzy Huis- en Tuinbouklub het 'n baie interessante praatjie oor vetplante gehad by hulle maandvergadering op Dinsdag 16 April 2024.
Abraham Londt van Albertinia se praatjie het gehandel oor vetplante in die tuin en meer spesifiek het hy oor die takbokvaring gesels.
Dit word so genoem vanweë die unieke vorm van hul blare.
Gewoonlik monteer tuiniers hulle takbokvarings op 'n stuk hout, maar dit kan ook in potte groei.
Dit is beslis die moeite werd om deel te wees van die Busy Lizzy Huis- en Tuinbouklub in Stilbaai.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’