STILBAAI NUUS - Die wonderwêreld van lasers het 'n heel nuwe betekenis gekry toe prof. Ilsa Basson van Vleesbaai dit op Maandag 27 Februarie vir die U3A Stilbaai-lede oopgemaak het.
Basson het haar na haar aftrede in Vleesbaai gevestig, maar dit is duidelik dat haar brein nog nie afgetree het nie.
Vir 'n uur lank het sy die gehoor aan haar lippe gehad terwyl sy die tegniese terminologie in gewone taal verduidelik het.
Prof. Basson gesels met Hentie Schumann.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'