HESSEQUA NUUS - Die Unplugged62-musiekfees wat by Joubert-Tradauw Vineyards net buite Barrydale aangebied word, bied baie meer as net musiek. Dié musiekfees begin op Vrydag 17 Maart en duur tot Dinsdag 21 Maart.
Die fees is inderdaad 'n fees vir die hele gesin. Matthew Mole is een van Suid-Afrika se topkunstenaars en sy optredes sal groot aftrek kry. Ander bekende sangers wat gaan optree, is die Hugo Veldsman, Nomadis Orchestra en Nick Turner/Jannie Hanepoot.
Benewens die talle bekende kunstenaars wat kom musiek maak, is daar 'n lam op die spit, teemaaltye (high teas), laat vonkelwynontbyte, kostafels en talle -stalletjies en natuurlik volledige kroeggeriewe.
Drawwers en fietsryers kan hul drafskoene en fietse saambring, want daar is 'n pragtige roete op die plaas om te benut. Die damme op die plaas is ook vol en besoekers kan gerus hul swemklere saambring en kom afkoel.
Joubert-Tradauw Vineyards gee vir die volgende drie weke weekliks 'n dubbelkaartjie ter waarde van R1 300 (R650 per kaartjie) weg aan 'n gelukkige leser tesame met 'n bottel R62 Alternative, hul premium wyn.
Jy en jou metgesel kan die dubbelkaartjies wen deur die volgende vraag te beantwoord: Wat is die naam van Joubert-Tradauw se premium wyn?
WhatsApp jou antwoord met jou naam en kontakbesonderhede en waar jy vandaan kom na: Hugo: 082 440 6331 (slegs WhatsApp-boodskappe).
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'