HESSEQUA NUUS - Sersant Christiaan Jansen, polisiekommunikasiebeampte waarsku motoriste om veral in die landelike gebiede of plaaspaaie op die uitkyk vir jong kinders te wees wat in die pad met hul fietse ry.
Hy vra ook ouers om seker te maak dat hulle kinders die padreëls gehoorsaam deur so na moontlik op die kant van die pad te ry.
Motoriste wat kinders opmerk, word gevra om die verkeersdepartement of polisie in kennis te stel om hulle te gaan verwyder.
"Kinders word deesdae al meer op die plaaspaaie opgemerk waar hulle in die pad ry. Dit kan te laat wees om pad te gee wanneer hulle 'n voertuig agter hulle hoor. Ons het 'n paar jaar gelede die tragiese voorval gehad waar 'n kind noodlottig deur 'n voertuig getref was en ons wil nie 'n herhaling daarvan hê nie."
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'