HEIDELBERG NUUS – Nie nét potte vind deksels nie. Die kunstenaar Dina Grobler se feesteepot het 'n koppie (mét piering) gevind.
Dawid Fouché, 'n feesganger by die onlangse Hessequa Harmonie-kunstefees, het dié artistieke, aardse teepot gewen omdat hy ál die galerye besoek het, sy roetekaartjie getrek is en hy as die gelukkige wenner by Niël Rademan, die uitvoerende hoof van dié kunstefees, se Dasjesdrift-teaterhuis aangewys is.
Toe nooi Suid-Kaap Forum Dawid om sy teepot se funksionaliteit op die proef te stel.
Die metaalmeester Pieter van der Bank se ysters, hamers, vlamme, vuur en sweet se reuse-ysterman, wat besoekers welkom heet, het die koppie en piering in sy stewige, sagmoedige, robotvingers gereed gehou...
Dina het die tee geskink...
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’