STILBAAI NUUS - Vrye Weekblad se tweede boekefees wat weer vanaf 24 tot 26 Februarie in die Stilbaai Baptiste-kerksaal aangebied.
Die Afrikaanse Italianer en oud-Stilbaaier Reinette Anastagi skop die fees op Vrydagoggend, 24 Februarie, om 10:00 af by die Stilbaai-rolbalklub.
Vrydagaand gaan Max du Preez, Anneliese Burgess, Anastasia de Vries en Piet Croucamp die moeilike vraag, "Hoe oorleef ons SA se donker uur?" beantwoord.
Saterdag 25 Februarie is daar 'n vol program by die Baptiste-kerksaal en halfnege gaan Daniel Hugo met Frederik de Jager en Chanette Paul gesels oor die plek in die "plek" in skryfwerk.
Van die ander skrywers is Lindie Stander, Ivor Swartz, Ingrid Jones, Tannie Betsie, Irma Venter en Cas Wepener. Die boekefees word afgesluit op Sondag 2 Februarie met 'n 8,2 km-staptog saam met Nico Steenekamp om die mooie Stilbaai te ervaar. Dit begin en eindig by die hawe.
Navrae kan gerig word aan stilboeke@gmail.com
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'