RIVERSDAL NUUS - Riversdal se polisievroue en vroulike verkeersbeamptes het Vrydag, 28 Augustus tussen 09:00 en 10:00 in die omgewing van Jurischpark op die N2 ‘n padblokkade beman.
Die blokkade het roetine ondersoeke op voertuie, soos die nagaan van motorlisensies en rybewyse ingesluit.
Die projek was deel van Vrouemaand en het hulle ook pamflette met inligting rakende seksuele misdrywe, gesinsgeweld en slagofferbemagtiging uitgedeel.
Die dames wat deel van die padblokkade uitgemaak het.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'