Gallery Video
WITSAND NUUS EN VIDEO - Op 'n reënerige Dinsdag 14 November het dié kusdorpie maar op die oog af stil gelyk, maar moenie dat jou oë jou verkul nie - hier is 'n paar innoverende vroue wat die plek lewe gee.
Verskeie vrouegroepe het in die rolbalsaal bymekaar gekom om die jaar af te sluit.
Waaronder 'n oefengroep wat twee keer 'n week vir strekoefeninge bymekaar kom, die Strandlopers, 'n liefdadigheidsgroep wat al bykans 13 jaar bestaan en die NG Kerk se vrouediens, wat ook uitreike na die gemeenskap doen.
"Ons kom bymekaar, ons drink tee en deel ons hartseer en geluk," sê Jeanette Becker, een van die lede.
"Meeste dames behoort aan al die groepe en daar dus is besluit dat almal sommer saam gaan kuier rondom pragtige gedekte tafels en heerlike eetgoed.
Cynthia Mosterd het almal verwelkom en met die besonderse gemeenskap van Witsand gespog.
"Ons is 'n omgee-gemeenskap. As daar 'n behoefte is, staan ons saam om 'n verskil te maak."
Kyk 'n video hieronder:
Na afloop van die verrigtinge kon almal heerlik saamkuier en die eetgoed geniet.
Bekker het afgesluit deur almal vir hul bydrae te bedank om die dag suksesvol te maak.
Die saal het behoorlik gedreun van al die lekker gesels om die tafels.
Lees 'n vorige artikel: Vroue hou afsluiting in die Witsand
ARTIKEL, VIDEO & FOTO'S: ALETTA SUTHERLAND, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Witsand, Hessequa nuus'