Gallery Video
WITSAND NUUSFLITS EN VIDEO - Op 'n reënerige Dinsdag 14 November het dié kusdorpie maar stil gelyk, maar hier is ‘n paar innoverende vroue wat die plek lewe gee.
Verskeie vroue groepe het in die rolbalsaal bymekaar gekom om die jaar af te sluit.
Die groepe sluit in ‘n oefengroep wat twee keer ‘n week bymekaar kom vir strekoefeninge, die Strandlopers, ‘n liefdadigheidsgroep wat al bykans 13 jaar bestaan en die NG kerk se vrouediens, wat ook na die gemeenskap uitreik.
“Ons kom bymekaar, ons drink tee en deel ons hartseer en geluk,” het een van die lede, Jeanette Becker gesê. Na afloop van die verrigtinge kon almal heerlik saamkuier en die eetgoed geniet.
Kyk 'n video hier:
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
ARTIKEL, VIDEO & FOTO'S: ALETTA SUTHERLAND, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Witsand, Hessequa nuus'