Dit het begin met 'n donasie van Lourens en Karlien Botha van Johannesburg in samewerking met Magda Niemand van Stilbaai.
'n Groep ander donateurs het ook mildelik bygedra om die dag ekstra spesiaal te maak vir die bejaardes.
'n Foto is van elke inwoner geneem wat vir groot opgewondeheid gesorg het.

Van links die donateurs wat die spesiale ete georganiseer en besonders gemaak het vir bejaardes: Maryke en Wim Botha, Magda en Leon Niemand, Sharmaine en Hint Hyman en Marina en Peet Terblanche. Afwesig: Heila Cato, Karlien en Lourens Botha en Abie Terblanche. Foto verskaf
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'