MOSSELBAAI NUUS - Die Mandeladag 67 minute word goed benut deur Lerine Meyer waar sy die inisiatief neem om kinders binne die gemeenskap, Uitbreiding 8 Heunisstraat, te bederf met vars gebakte oondbroodjies, heerlike sop en lekkerpakkies.
Volgens Lerine het alle kinders die potensiaal om uitsonderlik te wees.
Hulle het net 'n bietjie hulp, hoop en iemand nodig wat in hulle glo.
Die Mandeladag 67 minute word goed benut deur Lerine Meyer en hulpers.
Die honger kinders staan tou vir warm sop.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'