Gallery Video
STILBAAI NUUS - Die jaarlikse Vredestafel is Donderdag 29 November vir die vierde keer op Melkhoutfontein buite Stilbaai aangebied.
Ten spyte van 'n baie sterk wind, het meer as duisend inwoners, maar ook mense van naburige dorpe soos Mosselbaai die geleentheid bygewoon.
Maurice Page, bekende televisie-akteur en oud-inwoner van Heidelberg, was die hoofgasspreker.
Net vir die Pret, 'n rieldansgroep van Barrydale, en Chilli Bites, 'n popgroep van Oudtshoorn was van die kunstenaars wat opgetree het.
Kyk 'n video hieronder.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
"Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus."