Update
ALBERTINIA NUUS - 'n Vragmotor wat Vrydagoggend 26 Oktober op die N2 naby die Gouritsmond-afdraai omgeslaan het, het verkeer vir ure ontwrig.
Die bestuurder en passasier wat in die vragmotor was het slegs ligte beserings opgedoen. Albei is na Riversdal-hospitaal geneem.
Die een helfte van die N2 was versper en is eers heelwat later die middag oopgestel, nadat die vrag in 'n ander vragmotor oorgelaai is.
Die oorsaak van die voorval word nog ondersoek.
Die vrag moes eers oorgelaai en die vragmotor weggesleep word voor die N2 oopgestel kon word.
Die vragmotor het groot skade opgedoen. Foto's: Heinrich Fortuin, korrespondent
Lees 'n vorige artikel: Vragmotor versper N2
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'